DIE Oudtshoorn Posduifklub se wedvlugte was verlede naweek vanaf Christiana in die Noord-Kaap.
Anton en Mornè Janse Van Rensburg se duif het die eerste plek losgevlieg in wedvlug 21. Sy het die afstand van 692 km kafgedraf en haar inkloktyd was om 15:28:01.
In wedvlug 22 het die duif van Night Drop Ra-cers die afstand van 689 km gevlieg met haar inklok tyd om 15:26:00. Die wegspring tyd was om 7:15 die oggend.
Wedvlug 21-uitslae: A.M.J. Lofts – 1, 7, 9 en 21; Dirk Greeff Lofts – 2, 6, 10, 25, 27 en 30; Klein Karoo Lofts – 3, 4, 11, 15, 16 en 24; Night Drop Racers – 5, 8, 12, 14, 19 en 20; Ockie Olivier @ Abie – 13 en 26; Thelma’s loft – 17 en 29; Hannes Smit – 18, 23 en 28; M.J. Pienaar – 22.
Wedvlug 22-uitslae: Night Drop Racers – 1, 3, 5, 11, 16, 18 en 29; Klein Karoo Lofts – 2, 4 en 6; Ockie Olivier @ Abie – 7, 21 en 30; Thelma’s loft – 8, 12 en 23; M.J. Pienaar – 10, 17 en 19; A.M.J. Lofts – 13, 20, 25 en 27; Hannes Smit – 14, 15, 22, 24 en 26. (Deur Lindi Brill)
Duiwe klap hul vlerke
Anton Janse Van Rensburg van A.M.J. Lofts wat wedvlug 21 gewen het. Foto: Facebook