Brawe atlete trotseer gure weer met Parkrun

Christian Murphy was die eerste atleet oor die wenstreep by die Parkrun verlede na-week by die Surval landgoed net buite Oudtshoorn. Hy het Oudtshoorn vir die naweek besoek en het die gure weer trotseer. Melanie Fourie was die eerste vroue atleet wat die wenstreep oorgesteek het asook ’n algehele vyfde plek behaal het. Foto:Garnett Wicomb

SLEGS sestien drawwers het verlede Saterdag se triestige weer trotseer om aan die 353ste Oudtshoorn Parkrun by Surval deel te neem met die besoeker, Christian Murphy, wat met ’n tyd van 23 minute 30 sekondes eerste by die eindpunt was. Melanie Fourie wat vyfde klaargemaak het was die eerste vrou.

Die sestien deelnemers met hul tye was Christian Murphy (23:20), Jacques Jacobs (24:52), Harry van Bebber (25:23), Rowland Dicks (27:21), Melanie Fourie (31:20), Cornelius Raath (36:34), Laetitia Munro (36:49), Delia Anna Niemand (37:04), Elenore Cronje (40:47), Muriel Eddy (42:09), Hettie Botha (43:41), Griet Coetzee (45:01), Hanlie Bothma (45:08), Estelle Raath (49:32), Ron Briant (59:28) en Irma Stephens (59:30). (Deur Garnett Wicomb)