Rudie van der Poel en Eben Engelbrecht, naaswenners van die Big Bird Dubbelsmuurbaltoernooi.
Deur Ben du Preez
DIE Oudtshoorn Muurbalklub het Saterdag (24 Junie) die eerste Big Bird DubbelsMuurbaltoernooi op Oudtshoorn aangebied.
Twaalf spanne van onder meer Graaff-Reinet, George, Groot Brak en Oudtshoorn het deelgeneem.
Volgens Lana Roos, bestuurslid van die muurbalklub, was die dag ’n groot sukses ondanks die ongure weer en het almal die dag geniet.
Verwarmers is aangeskakel en vure gemaak om die koue te verdryf.
Beplanning vir 2018 se toernooi is reeds aan die gang. Die komitee beoog om meer spanne te nooi en die toernooi oor twee of drie dae te speel.
Pierre de Lange en Willie van Zyl van Graaff- Reinet het die prys gewen vir die oudste span wat deelgeneem het. Hulle is saam 120 jaar oud (onderskeidelik 50 plus 70).
Jaco en Heleen de Jager van George was die algehele wenners met Rudie van der Poel en Eben Geldenhuys van Oudtshoorn tweede, en Riaan Potgieter en Helanie Morton van George derde.
Om lid van die muurbalklub te word, kontak vir Fanie le Roux (voorsitter) by 082 573 1578.