Oudtshoorn Sportfees herleef

DIE Oudtshoorn munisipaliteit se visie is om Oudtshoorn as die sportmekka van Suid-Afrika te vestig, en het saam met die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuursake die Oudtshoorn Sportfees laat herleef. Dit begin Saterdag (1 Julie) en duur tot volgende Saterdag (8 Julie 2017).

Die herlewing van die fees is gerig op die ontwikkeling van die ekonomie, jeugsport en sporttoerisme. Meer as 1800 deelnemers en beamptes is deel van vanjaar se sportfees wat die volgende insluit:
30 Junie: Oudtshoorn ope-skaaktoernooi by die Rec;
1 Julie: Safa Eden Top 8-sokkertoernooi op Bongolethu Sportgronde;
1 Julie: Eden Distrikontwikkelingsnetbaltoernooi op die Bridgton Sportgronde;
1 Julie: Wes-Kaapse Jeugontwikkelingsrolbaltoernooi by Oudtshoorn Rolbalklub;
1 Julie: Eden Streeks Amateur Bokstoernooi by die SANDF;
2-5 Julie: Wes-Kaapse Jeugfeesfietsrybyeenkoms op en by Oudtshoorn;
8 Julie: Domino-toernooi vir plaaslike klubs by die Rec;
7-8 Julie: Wes-Kaapse Nasionale Baldansproewe in die De Jager Sportkompleks.

Volgens burgemeester Colan Sylvester gaan die sportfees weer ’n jaarlikse instelling op Oudtshoorn word met ’n meegaande ekonomiese inspuiting vir die dorp.