Drieë-reën op die Rec

Bo: Oudtshoorn RFC se eerste span het oortuigend met die besoekers afgereken en ’n weghol telling van 89 - 9 aangeteken. Onder: Die tweedespan het ook groot sukses behaal met hul telling van 27-5 teen Adias van Volmoed. Foto’s verskaf

Oudtshoorn RFC het nie net die naweek oortuigend gewen met hul kragmeting teen Adias nie, maar het geskiedenis gemaak.

Die eerste span was slegs 11 punte kort van 100. Die eindtelling van die wedstryd was 89-8. Dit was ’n fees van drieë met 13 drieë oor die doellyn, en 12 doelskoppe. Hier volg die spelers wat punte aangeteken het:
Cealin Delport, Bradwin Wannie, Michael Stoop, Ryan Botha, Charlton Prinsloo, Reinardt Bergh, Stephan Malan, Adrio Peceur en Ruhan Els.

Die doelskoppers was Charlton Prinsloo en Cealin Delport.

Die tweedespan het ook as wenners van die veld gestap met ’n eindtelling van 27 – 5.

Preston Hartnick, Chadwinn Jansen, Isaac Lukas en Jean Rassouw het punte op die telbord aangeteken. Rassouw het ook een doelskop oorgeskop.

Saterdag, 2 Augustus pak hul Ladismith op die Rec aan, met die eerste wedstryd was om 14:15 begin en die eerste span om 15:30.

Ondersteun hul gerus. Hou ook hul Facebook- blad dop vir weeklikse opdaterings van wedstryde wat voorlê asook puntetellings en belangrike aankondigings. (ANGELIQUE ERASMUS)