Dill Bill’s Krieketakademie op Oudtshoorn is besig om voort te bou op krieketontwikkeling in die gemeenskap. Hier is Dillan Moos (links), stigter van die akademie, saam met jong krieketgeesdriftiges van die Bridgton-gemeenskap. Moos het twee sulke “street cricket”-sessies, soos hy dit noem, oor die afgelope twee weke gehou om kinders van die omgewing besig te hou tydens die vakansie, en meer te leer oor die sport. Een van die redes waarom Moos die akademie in 2019 gestig het, is om krieket op skoolvlak te bevorder. (Foto verskaf)