Die wenners van die Oudtshoorn Rolbalklub se 2019 gemengde viere-trofee is (van links) Alewyn en Christa Hanekom, Ian Cochrane (skipper) en Zinobia Koegelenberg. Die rondomtalie is Saterdag op die klub se bane gespeel en het talle toeskouers gelok. (Foto verskaf.)
Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoon Besigheidskamer se geborgde gholfdag op Woensdag, 2 Oktober, is gewen deur Francois Verwey en Lollies van Rensburg met ’n telling van 46 punte.
Gideon Badenhorst en Marius Wil-ken, ook met 46 punte, was op ’n uittel die naaswenners. Louis Slabbert en Salie Oosthuizen (ook 46 punte) was op ’n uittel derde.
Chris Odendaal en WM Badenhorst (45) en Louis Fourie en Kirsten Bredekamp (45) was op ’n uittel onderskeidelik vierde en vyfde.
William Phillipus het op die 3de sowel as op die 12de putjies die naaste aan die pen geslaan. Rudi
Mortlock het op die 8ste die naaste aan die pen geslaan en Slabbert het dit op die 15de gedoen.
Van Rensburg, Phillipus en Wilken het elk ’n spogtwee op die 12de put-jie geslaan.