Die Hoorn se Sportkalender

Saterdag, 1 April 2017
RUGBY SWD Premierliga • Bridgton RVK speel teen Groot Brak RVK op die Bridgton Sportgronde.Die B-spanne begin om14:30. Afskoptyd vir die A-spanne is 16:00. Vir navrae kontak gerus Shirley Ewerts (sekretaresse) by 0743029816.

Vrydag, 07 April 2017
RUGBY SWDPresidentsliga • Spring Roses speel vanaf 14:30 teen All Blacks op die Bridgton Sportgronde (Plate). Afskoptyd vir die A-spanne is 16:00. Navrae: Pieter Lottering – 0733666899.

Saterdag, 8 April 2017
RUGBY SWD Presidentsliga • Collegians speel vanaf 14:30 teen Beaufort-Wes op die Bridgton Sportgronde. Die A-spanne begin om 16:00 speel. Navrae: Julian Fillies – 0849836088.
Karoostreekliga • Oudtshoorn speel vanaf 14:30 op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec) teen Calitzdorp. Die A-spanne begin om 16:00 speel. Navrae: Ferdie van Rensburg – 044 203 3400.

Saterdag, 15 April 2017
BERGFIETSRY: • Die Ostrich Crawl Bergfiets-­wedren. Begin by die Thabile Gastehuis op Oudts­hoorn. Daar sal oor afstande van 55 km, 35 km en 15 km meegeding word. Inskrywings sluit 10 April. Vir meer inligting oor die fietsren besoek besoek
www: http://jakhalsevents.wixsite.com.

Donderdag, 20 April 2017
ATLETIEK: Die Klein Karoo Sake-aflos herleef. Daar sal in twee kategorieë deelgeneem word. Draf (ses per span) en stap (4 per span). Die koste is R20 per persoon. Elektroniese inskrywings kan gedoen word by www.edenmiles.co.za. Inskryfvorms is ook beskikbaar by die Eden Sportakademie of Oudtshoorn Toerismekantoor. Sluitingsdatum vir inskrywings is 18 April. Vir meer inligting kontak Dave van der Walt by davesus@telkomsa.net of 0827744901.