Die Hoorn se Sportkalender

Saterdag, 25 Maart 2017
RUGBY SWD Presidentsliga: • Spring Roses pak Willing Hearts op die Bridgton Sportgronde (die Plate) vanaf 14:30. Afskoptyd vir die A-spanne is 16:00. Navrae: Pieter Lottering – 073 366 6899.

Saterdag, 25 Maart 2017
GHOLF: • Die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisdag begin om 08:00 by die gholfklub. Navrae: Gideon Badenhorst – 082 823 3736.

Sondag, 26 Maart 2017
KRIEKET: • Western Hope Krieketklub hou sy jaarlikse strategiese beplanningsessie by die Kango Bergoord. Dit begin om 09:00. Navrae: James du Preez (sekretaris) – 072 243 4896.

Saterdag, 1 April 2017
RUGBY SWD Premierliga: • Bridgton speel teen Groot Brak op die Bridgton Sportgronde vanaf 14:30. A-spanne begin om 16:00. Navrae: Shirley Ewerts (sekretaresse) – 074 302 9816.

Saterdag, 8 April 2017
RUGBY SWD Presidentsliga: • Oudtshoorn speel teen Calitzdorp op die Oudtshoorn Sportgronde. (Rec) vanaf 14:30. A-spanne begin om 16:00. Navrae: Ferdie van Rensburg – 044 203 3400.

Saterdag, 15 April 2017
BERGFIETSRY: • Die Ostrich Crawl Bergfiets-­wedren vind weer plaas vanaf die Thabile Gastehuis op Oudtshoorn. Afstande: 55km, 35km en 15km. Inskrywings sluit 10 April. Vir meer inligting besoek https://jakhalsevents.wixsite.com/jakhalsevents.

Woensdag, 20 April 2017
ATLETIEK: • Die Klein Karoo Sake-aflos herleef. Daar sal in twee ketegorieë deelgeneem word: Draf (6 per span) en stap (4 per span). R20 per persoon. Inskrywings kan by www.edenmiles.co.za gedoen word. Inskryfvorms ook beskikbaar by Eden Sportakademie of Oudtshoorn Toerisme. Navrae: Dave van der Walt – 082 774 4901.