Die Hoorn se Sportkalender

Vrydag & Saterdag, 16 & 17 Junie 2017
RUGBY: • Die o.18 Cravenweek- en Akademie-spanne asook die o.16 Grant Khomorugbyspanne van die OP, WP, Boland en SWD speel Vrydag en Saterdag (16 en 17 Junie) teen mekaar op ­Lang­-enhoven Gimnasium se sportgronde. Vrydag se eerste wedstryde begin om 13:00 en Saterdag s’n om 09:00. Navrae: Theo Ferreira – 044 272 2151.

Vrydag, 16 Junie 2017
RUGBY SWD Presidentsliga • Collegians speel vanaf 19:00 teen Willing Hearts op die Bridgton Sportgronde (Plate). Die A-spanne begin om 20:30 speel. Navrae: Julian Fillies – 084 983 6088.
Vrydag tot Sondag, 16 tot 18 Junie 2017
MODELVLIEGTUIE: • Die Kango Modelvliegtuig­klub (radiobeheerde vliegtuie) bied ’n byeenkoms aan by die klub se aanloopbaan waar loodse vanuit die Wes-Kaap in aksie gaan wees. Die verrigtinge is daagliks van 08:00 tot 17:00. Vir navrae kontak Jaco Erasmus by 060 616 0318.

Saterdag, 17 Junie 2017
RUGBY SWD Presidentsliga • All Blacks speel vanaf 14:15 teen Willowmore op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec). Die A-spanne skop om 15:30 af. Navrae: Damon Gysman – 073 441 2619.
• Spring Roses speel vanaf 14:30 op die Bridgton Sportgronde teen Beaufort-Wes. Die A-spanne skop om 16:00 af. Navrae: Pieter by 073 366 6899. Karoostreekliga • Adias speel vanaf 14:15 op die Bridgton Sportgronde teen Calitzdorp.
Navrae: Lionel Prinsloo – 072 291 3970.

Sondag, 18 Junie 2017
BERGFIETSWEDDREN: • Die Calitzdorp MTB Classic Bergfietswedren val saam met die Calitzdorp Winterfees. Dit is ’n nuwe eendagwedren. Inskrywings is R150 per persoon vir die 60 km-ren en R130 per persoon vir die 38 km-ren. Navrae: Jamesly Rutherford – 082 850 8170.