100 jaar vir Web Broodryk van Oudtshoorn

100 jaar

Een van Oudtshoorn se oudste inwoners, Web Broodryk (middel), het Maandag 100 jaar oud geword. Broodryk en sy vrou, Ina (91), woon in Helen Bellinghanhof en is al 68 jaar getroud. Hier is Broodryk by Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester (regs), wat hom met sy verjaarsdag besoek en geluk gewens het. Ook op die foto is van links Anél Berry, takvoorsitter van Wyk 7 – die wyk waarin Helen Bellinghanhof geleë is, en Pat Wagenaar, wyksraadslid vir Wyk 7. Foto: Liesel le Roux