Coetzee verkies op komitee van Swem-SA

Lluwellyn Coetzee is as uitvoerende komiteelid van Swem SA verkies tydens hul algemene jaarvergadering op 25 Augustus. Foto: Verskaf

Lluwellyn Coetzee, senior bestuurder van ontwikkeling en beplanning in die Oudtshoorn Munisipaliteit, is as uitvoerende komiteelid van Swem Suid-Afrika by hul onlangse algemene jaarvergadering op 25 Augustus in Johannesburg, verkies.

Coetzee sal vir sy tweede termyn in die uitvoerende gesag dien wat in ooreenstemming met die Olimpiese siklus gestruktureer is. Die federasie dien as sambreelorganisasie vir die koördinering en bestuur van alle dissiplines wat verband hou met swem, waterpolo, duik en artistieke swem in Suid-Afrika.

Coetzee is reeds etlike jare by die bestuur van swem betrokke en dien tans ook as president van Wes-Kaapse Watersport sowel as die Eden-distrik.

Hy is opgewonde oor die geleentheid en hoop dat die sport in alle uithoeke en gemeenskappe regoor Suid-Afrika kan groei. “Ons het soveel natuurlike talent dat ons geleenthede vir hulle moet identifiseer en skep om op die hoogste vlak mee te ding”, het Coetzee aan Die Hoorn gesê. (Deur Lindi Brill)

Be the first to comment on "Coetzee verkies op komitee van Swem-SA"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*