Oudtshoorn Trompoppies presteer

Jeswinique Davids, ’n graad 10-leerder van Hoërskool Oudtshoorn, wat as die kaptein van die Nasionale span opgetree het tydens die Wêreldkampioenskappe in Kaapstad. Foto: Verskaf

Oudtshoorn se trompoppies het gesorg vir groot prestasies by die Wêreldkampioenskap wat van 19-22 September in Kaapstad plaasgevind het. Die Oudtshoorn Majorettes se senior span het twee silwer medaljes ingepalm in die Group Classic Pom en die Group Baton Flag-afdelings.

Jeswinique Davids, ’n graad 10-leerder van Hoërskool Oudtshoorn, het as die kaptein van die nasionale span se Pom Group opgetree. Nog ’n Struisie, Isihile Mtshutshwane, was ook deel van die nasionale span gewees.

Laerskool Van Reede het net so goed presteer tydens die MWF Wêreldkampioenskap in die Kaap.
Van Reede Majorettes het die afgelope naweek die titel van Wêreldkampioene in Small Drill, Baton Flag en Mace Group verwerf. Hulle het ook die tweede plek in Classic Pom gewen.

Megan Presher, ’n afrigter van Oudtshoorn Majorettes, het ook Protea-kleure tydens die Wêreld- kampioenskap op 19 September, as afrigter ontvang. (Deur Lindi Brill)

Be the first to comment on "Oudtshoorn Trompoppies presteer"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*