Die SA-Ovaalbaan Kampioenskappe het verlede Vrydag en Saterdag by die Victory Raceway in Gqeberha plaasgevind, waar Burger van der Westhuizen (28) van Oudtshoorn, as die SA-Kampioen gekroon is. Van der Westhuizen het die 2.1 Gemodifiseerde Sedan-klas gewen, met ’n motor wat hy met sy eie hande opgebou het.
Dertien van Oudtshoorn Motorklub se renjaers het gekwalifiseer om aan hierdie byeenkoms deel te neem. Die wedrenne het oor twee dae plaasgevind. Vrydagaand het die renjaers twee uitdunne gery. Saterdagaand het hulle ook aan twee uitdunne deelgeneem voor die eindrondte.
Die renjaers se wegspringplekke vir die eind-rondte is bepaal deur die drie beste uitdunposisies wat tydens die vier uitdunne behaal is.
Die renjaer met die meeste punte na afloop van die eindrondte, is as die SA-Kampioen gekroon. (Deur Lindi Brill)
Be the first to comment on "Ovaalbaanrenne: Burger gekroon as SA-Kampioen"