Dansers presteer by Eisteddfod

Agter van links, is: Emma Kennedy, Thilda Rabie, Zila Weise, Daniel Hooper, Gialee van der Bergh, Mianca van der Walt en Meagan Combrinck. Voor sit Nadia Britz (afrigter en danser) en Elijah du Preez, wat sy eerste solo-dans gedoen het. Foto: Verskaf

Die dansers van die Pro Academy Dansskool het op 14 en 18 September aan die Garden Route Eisteddfod in George deelgeneem.

Hierdie groep het uitstekend gevaar en met agt goue toekennings en een dubbele goud weggestap.

Die dansgroep het bestaan uit Mianca van der Walt, Daniel Hooper, Zilka Weise, Gialee van der Bergh, Nadia Britz, Emma Kennedy, Thilda Rabie, Meagan Combrinck en Elijah du Preez. Die Hiphop-groep, met Mianca, Daniel, Zilke, Gialee en Nadia, se uitslag was A+++ (95%). Mianca, Meagan, Thilda, Daniel, Zilke, Gialee en Emma het in die Moderne Dans-groep deelgeneem, en ’n A+ (85%) verdien. Die Jazz-groep (Emma, Thilda en Meagan) het ’n A+* (85%) ontvang, terwyl Mianca, Daniel, Zilke, Gialee en Nadia ook ’n A+ in die ‘Lyrical’-groep ontvang het.

Mianca en Gialee het ’n A+ (87%) in die ‘Open Duo’-groep ontvang. Daar was ook Solo optredes gewees, waar Meagan ’n A+ (87%), Daniel A (83%), Elijah A (80%), en Zilke ’n A (82%), ontvang het. (Deur Lindi Brill)

Be the first to comment on "Dansers presteer by Eisteddfod"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*