DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) en die Klein Karoo Posduifklub (KKPK) het Saterdag (1 Augustus) hul duiwe op Britstown in die Noord-Kaap gaan loslaat vir die wedvlug van daar af.
Duiwe is om onderskeidelik om 07:30 en 08:00 losgelaat.
In die OPK se wedvlugte het Jurie Geldenhuys en die Raubenheimer Broers se duiwe voor gevlieg, terwyl Cobus van der Merwe se duiwe in die KKPK se wedvlugte eerste tuis was.
Die volledige uitslae was:
• OPK-jaaroudafdeling: Geldenhuys – 1 en 5; Ockie@Abe – 2, 3 en 4; en Johan de Jager Nigh – 6.
• OPK-ope-afdeling: Raubenheimer Broers – 1, 7, 8 en 9; Geldenhuys – 2, 3, 5 en 6; De Jager Nigh – 4 en 11; en Ockie@Abe – 10.
• KKPK Jaaroudafdeling: Van der Merwe – 1, 5, 6, 7, 10 en 16; George Erasmus – 2, 3, 11, 12, 14, 18 en 19; Hannes Smit – 4 en 15; Tobie Ellis – 8 en 9; en Klein Karoo Lofts – 13 en 17.
• KKPK Ope-afdelinge: Van der Merwe – 1, 3, 5 en 14; Dirk Greeff – 2, 7, 8 en 16; Erasmus – 4, 6 en 15; Smit – 9 en 10; Ellis – 11, 12, 13 en 18; Alvan Fourie – 17; en Klein Karoo Lofts – 19 en 20. (Deur Stefan Skapie Goosen)