Cobus van der Merwe en George Erasmus van die Klein Karoo Posduifklub se duiwe het voor gevlieg in Saterdag se twee wedvlugte vanaf Wolmaranstad oor 799 km.
Die Ope 1-uitslae is:
George Erasmus – 1, 4, 9, 10, 11, 13 en 14; Cobus van der Merwe – 2, 3, 5, 6, 8 en 12; en Tobie Ellis – 7.
Die Ope 2-uitslae is:
Van der Merwe – 1, 2, 6, 7, 10 en 13; Ellis – 3, 5, 9 en 15; en Erasmus – 4, 8, 11, 12 en 14.