Cleophas presteer in Kaap

Die 58-jarige Tony Cleophas, ’n werknemer van Watson & Brink apteek was Sondag een van die 14 000 deelnemers aan vanjaar se Sanlam Kaapstad-maraton.

Cleophas, ’n meesteratleet, en lid van die Oudtshoorn Amateur Atletiekklub, was 14de in die ouderdomsgroep 50-59 met sy tyd van 44 minute 44 sekondes in die 10 km Peace Run.

Hy sê hy is baie tevrede met sy tyd maar kan nog beter doen. Foto: Verskaf