Die jaarlikse Burgemeesters Sporttoekennings het op 28 November, in die banketsaal plaasgevind waar Oudtshoorn se sportsterre, afrigters en bestuurders vir hul uitnemendheid vereer is.
“Sport speel ’n belangrike rol in die dorp se ekonomie.”
Deelnemers kom neem deel aan ’n toernooi, hulle bly in gastehuise en eet in restaurante.”
“Terwyl die kinders deelneem, gaan die ouers na toeriste-attraksies in en om Oudtshoorn,” het Johan Allers, Oudtshoorn se burgemeester, met sy toespraak gesê.
Die gasspreker van die aand was Deon.
Davids, hulpafrigter van die Springbokke. Hy het ’n uiters inspererende boodskap aan die jong sportsterre gegee.
Die wenners van die onderskeie kategorieë was:
Laerskole:
Span: Laerskool Wesbank se toutrekspan.
Afrigter: Ronald Presher.
Sportvrou: Chloe May.
Sportman: Fourie Delport.
Hoërskole:
Span: Langenhoven Gimnasium o.16 netbalspan.
Afrigter: Meghan Presher
Sportvrou: Payton Gerber.
Sportman: Dwayne Kammies.
Junior Sportvrou: Nadia van Jaarsveld.
Junior Sportman: Dirk Harold Mostert.
Persoon met gestremdheid: Brendolene Loff.
Senior Sporttoekennings:
Span: Oudtshoorn Veerpyltjieklub.
Bestuurder: Sonja Schultz.
Afrigter: Ranger Grebe.
Sportvrou: Annerie Dercksen.
Sportman: Wian Grebe.
Burgemeesterstoekenning: Van Reede Trompoppies. (LINDI BRILL)