Sowat 150 kinders het op 7 Desember by die Bridgton swembad geleer dryf.
Hierdie inisiatief is in samewerking met FCA Aquatics klub en die departement van sport en kultuur aangebied.
Die kinders is ook tydens die verrigtinge bederf deur die verskeie rolspelers.
“Die kinders se entoesiasme was duidelik en ek wil graag baie dankie sê vir elke persoon wat die dag ’n groot sukses gemaak het,” sluit Susan Juta, voorsitter van die klub af. Vir meer inligting, kontak haar gerus by 064 691 3487 of stuur ’n e-pos na swimsafeslimswem@gmail.com.