Bridgton maak rugbystem dik!

AL drie Bridgton Rugbyklub se spanne het Saterdag op die Rec in die SWD Premierliga skoonskip gemaak in hul wedstryde teen die spanne van Silver Stars van George.
Die A-span het met sy oorwinning van 65-22 vyf punte in verdien en daarmee opgeskuif tot vyfde op die punteleer.

Die B-span het met 68-3 gewen en die C-span met 32-20.
In die wedstryd tussen die A-spanne het Bridgton uit die staanspoor met die bal gehardloop en altesame tien drieë gedruk. Hulle het rustyd reeds met 24-10 voorgeloop.

Ondanks die wegholoorwinning was Keith Meyer, Bridgton se hoofafrigter, nie heeltemal te-vrede met die span se vertoning nie. “Ons spelers het veral in die eerste helfte talle kanse om punte aan te teken deur hul vingers laat glip met swak opsies en hanteerwerk. Die skrums was solied en in die lynstane was Boutros May (flank) ’n toring van krag.

“Agterlangs het veral Gino van Vuuren, losskakel, en Ganfried May, binnesenter, puik vertoon. Die agttal was as ’n een- heid goed en het stewig in die vaste los vertoon.”

Meyer het sy kommer en misnoeë uitgespreek oor die baie geelkaarte wat sy spelers kry wat nou tot rooikaarte gelei het. Dit is onaanvaarbaar en sal dringende aandag kry.

“Ons het egter nou momentum en sal alles uithaal om ’n vierde keer ná mekaar te wen wanneer ons Saterdag, 6 Mei, teen Ma-ori’s van Borcherds, George, te staan kom,” het Meyer gesê.

Vir die eerste span het Adriaan Booysen (senter) en Charlston Ewerts (linkervleuel) elk twee drieë gedruk en Hershelle America (heelagter), Van Vuuren, Graham September (skrumskakel), Bautros May (flank), Wayne Julies (flank) en Algernon Waarts (agtsteman) elk een. Van Vuuren het ses drieë verdoel en ’n strafdoel behaal.

Vir die B-span het Winston Mei (heelagter), Anver Venter (senter), Roderick January (skrumskakel) en Envor Jackson (flank) elkeen twee drieë gedruk, en Kurt Rhoode (vleuel), Jac-ques Julies (losskakel), Henk Toise (slot) en Lee Henry Meyer (plaasvervanger vleuel) elk een.

Lavano Nathan (senter) het met drie doelskoppe geslaag en Julies met een.

Vir Bridgton C het Autrige Tiemie (linkervleuel) twee drieë gedruk en Thiron Stoffels (skrumskakel), Jo-nathan Meyer (flank), Heinrich Erasmus (slot) en Howard Goliath (slot) elk een. Mikayven Michaels (heelagter) het een drie verdoel.