Botma weer vinnigste by Parkrun

DW Botma op pad na die einstreep.

Dw Botma was Saterdag (19 Maart) weer die wenner van die weeklikse Oudtshoorn Parkrun wat vir die 278ste keer by die Surval Olyflandgoed buite die dorp aangebied is. ’n Besoeker van Durbanville,

Anneline Roffey, was tweede, slegs tien sekondes stadiger as Botma, en Dirk Kotze derde.

Die beste tye van die 54 deelnemers is: Botma (19:58), Roffey (20:09), Kotze (21:00), Leon Marais (21:26), Bianca Malan (23:04), Yaron Venter (23:30), Tarren Jullies (25:35), Mathys Myburgh (25:42), Francois le Roux (25:43), Jacques Jacobs (26:18), Anke Stander (27:04), Albertus Kennedy (28:10), Conrad Jullies (28:41), Corné Pretorius 28:46), Fanie Olivier (28:47), Kruge Roeloffze (29:59), Frans Kalp (30:25), Kerneels Barnardo (31:25), Schalk Cloete (31:44) en Annemarie le Roux (31:51). (Deur Garnett Wicomb)