All Blacks A wen met bonuspunt

Spring Roses se eerste rugbyspan het Saterdag (29 April) op die Bridgton Sportgronde in ’n SWD Presidentsligawedstryd vir Dysselsdorp Rangers met 20-15 geklop. Spring Roses B het met 54-7 gewen. Foto: Ebenezer Titus

Spring Roses se eerste rugbyspan het Saterdag (29 April) op die Bridgton Sportgronde in ’n SWD Presidentsligawedstryd vir Dysselsdorp Rangers met 20-15 geklop. Spring Roses B het met 54-7 gewen. Foto: Ebenezer Titus

Deur Ben du Preez
DIE All Blacks se eerste rugbyspan het Saterdag (29 April) in ’n wegwedstryd hul eweknieë van Uniondale met 29-21 geklop.

All Blacks se drieë is gedruk deur Nathan Baartman (vleuel), Ronaldo Jansen (vleuel), Emmerson Carelse (skrumskakel), Hilton de Laan (reserweflank) en Adion Klati (reserwe-agsteman), wat elkeen een keer agter die doellyn gekuier het. Damian Ja-nuarie (losskakel) het twee van die drieë verdoel.
Met hul vyf drieë het All Blacks vyf ligapunte verdien.

Onder die voorspelers het Macheswill Loksen (flank) uitgeblink. Hy is as Speler van die Wedstryd aangewys. Dit is die tweede wedstryd agtereenvolgens dat dié eer Loksen te beurt val.
All Blacks se 18-jarige vleuel, Ronaldo Jansen, het ook uitgeblink en het met vlymskerp aanvalle die spelers van Uniondale na die wind laat tas. Sy verdediging was ook rotsvas.

• All Blacks se B-span het 21-21 gelykop gespeel teen Uniondale. Preston Hartnick (buitesen- ter) het ’n drie gedruk en Anslin Wienster (agtsteman) twee. Earl April (losskakel) het al drie drieë verdoel.
Die 19-jarige Wienster was met sy aggressiewe spel en goeie balvaardighede sy span se uitblinker onder die voorspelers.