Aswin Lukas, ’n leerder van Aurial College, het Saterdag vir All Blacks se B-span uitgedraf in hul SWD Presidentsligawed-stryd teen Uniondale op die Rec (Oudtshoorn Sportgronde). Hy het die skare telkens op hul voete gehad met sy kraglopies. Hier bars hy deur ’n paar verde-digers om oor te val vir een van sy drie drieë. All Blacks B het die wedstryd met 26-0 gewen. All Blacks A het Uniondale met 31-28 geklop. Foto’s: Ebenezer Titus
