Junior fietsryers Dinsdag op die sirkelroete op Oudtshoorn as deel van die Jeugfietsryfees van Maandag tot gister (17 tot 19 Junie). Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
Altesame 240 fietsryers het op Oudtshoorn toe-gesak vir vanjaar se 9de Jeugfietsryfees wat van Maandag tot gister (17 tot 19 Junie) aangebied is.
Die padfietsryers het Maandag aan die beurt gekom by die Highgate Volstruisvertoonplaas buite Oudtshoorn.
Dinsdag is die kermesse (sirkelroete) by die Aurial College-sirkel gehou en gister was dit die berg
fietsryers se beurt om hul slag te wys by die Arnold de Jager Ovaalrenbaan buite Oudtshoorn.
Volgens Corné Bence, president van Eden Fietsry, was die Jeugfietsryfees vanjaar baie suksesvol en is die aanbieders baie te-vrede.
Die jeugfees is ’n goeie ondervinding vir toekomstige kampioene.
Dis ook ’n geleentheid vir jong fietsryers om hul laaste voorbereiding te doen vir die Jeug Padfietskampioenskap wat later vanjaar plaasvind,” het hy gesê.