Athletico speel gelykop teen Italië FC

Athletico sokkerklub (in pers en geel) van Oudtshoorn het Sondag 21 Maart teen Italië FC (in blou) van Dysselsdorp gespeel in ’n ligawedstryd van die Oudtshoorn Local Football Association op die Bridgton Sportgronde. Die spanne het met twee doele elk gelykop gespeel. Sokkeraanhangers sal Saterdag 27 Maart verdere wedstryde vanaf 13:00 kan bywoon. Foto: Ebenezer Titus