Jacobus Arries (middel) met die pak vleis wat hy Saterdag gewen het. Regs staan Sarel Fick, die naaswenner, en links die klubkaptein, Johan Cornelissen. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
Jacobus Arries het Saterdag met ’n wentelling van 43 punte vir hom ’n groot pak vleis losgeslaan in die maandelikse vleisgholfdag van die Oudtshoorn Gholfklub.
Sarel Fick (42) was tweede gevolg deur Pieter Hancke en Jurgens Burger (jr), albei met 41 punte, en Willem Burger (40).
Paul Stroebel het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan. Spogtwees is aangeteken deur Louis Fourie sr en Pieter Strauss op die 8ste, Francois Verwey op die 12de, Louis Fourie jr op die 15de en Kobus Griebenouw op die 3de. Hannes Oosthuizen het die groot boerpot gewen.
• Piet Swanepeoel (39 punte) het Woensdag, 21 Maart, se individuele stableford gewen met Mar-thinus Oosthuizen (ook met 39) op ’n uittel tweede. Etienne Roos (36) was derde en Carl Hancke en Marius Wilken, albei met 35, was op ’n uittel vierde en vyfde.
Lollies van Rensburg het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en Louis Slabbert op die 15de.
Wilken het ook ’n spogtwee op die 8ste aangeteken en Hannes Oosthuizen op die 15de.
Swanepoel en Danie Terblanche het die boerpot gedeel.