Ronaldo Botha, plaasvervanger-skrumskakel van Collegians, laat waai met die bal. Foto: Ebenezer Titus
Deur Higgo Jacobs
DIE A-span van Collegians het Saterdag vir All Blacks A met 24-9 ge-klop in ’n taai SWD Presidentsliga- wedstryd op die Bridgton Sportgronde. Die rustydtelling was 21-9.
Collegians se skakelpaar, Jason Plaatjies en Shedwick Sauls, het uitgeblink in die wedstryd en gereeld deur gapings geglip.
Onder die voorspelers het die lostrio, Michael Tyali, Raynaldo Adams en Marius Bruiners ’n bars-hou gespeel. Die voorryman Mervin Prinsloo, wat in die vaste los uitge-staan het, is as Speler van die Wed-stryd aangewys.
Die afrigter van Collegians, Seppie Ekstraal, was tevrede met sy span se oorwinning, maar het genoem dat daar hard gewerk moet word aan die span se dissipline. Drie geel kaarte en onnodige strafskoppe is afgestaan.
Collegians se drieë is gedruk deur Shedwick Sauls en Marius Bruiners. Jason Plaatjies het een van die drieë verdoel en drie strafskoppe aangete-ken. Sauls het ook ’n skepskop tussen die pale deur gejaag.
Collegians B het met 18-20 teen All Blacks B verloor.
• Collegians speel op Vrydag, 13 April, op die Bridgton Sportgronde teen die Oudtshoorn Rugbyklub.