Die All Blacks Rugbyklub van Oudtshoorn het Saterdag in die Oudtshoorn Burgersentrum se Banketsaal sy 70ste verjaardag gevier. Tydens die geselligheid is sowat tagtig oudspelers, -afrigters en -bestuurslede asook familielede van afgestorwe lede deur die huidige bestuur onthaal en vereer. By die geleentheid is die begindae en verlede van die klub met heimwee in herinnering geroep. Die klub het tot stand gekom nadat die All Blacks in 1949 op die Oudtshoorn Sportgronde teen SWD gespeel het. ’n Aantal bestaande klubs van die eertydse Noordeinde het in dieselfde jaar saamgesmelt. Die klub is toe na die All Blacks vernoem. Bo is van die oudste lewende lede van die klub. Voor van links is Pat Wagenaar, Ivan le Roux Dawid Bratz, Piet Booysen en Klaas Moos, en agter van links Solly Dyssel, Klaas Pypers, Dawid Claassen, Richard Seroux en Lester le Roux. Onder is Damon Gysman, huidige voorsitter van die klub, saam met Ben Brinkhuis (links), visie-voorsitter van SWD Rugby. Foto: Ebenezer Titus
