Bert en Tarren 1ste by eindpunt

Tarren Jullies (links) en haar man, Conrad, wat hul 100ste Parkrun voltooi het.

Deur Garnett Wicomb
Bert Verlinde (19:48) en Tarren Jullies (23:41) was Saterdag onderskeidelik die eerste man en die eerste vrou by die eindstreep van die 233ste Oudts­hoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed.

Jullies was algeheel sesde en het saam met haar man, Conrad (25:05), hul 100ste Parkruns voltooi.
Elizabeth Groenewald het die mylpaal van 150 Parkruns bereik.

Die 10-jarige Richter Scholtz (31:55) was die eerste junior by die eindpunt.

Saterdag se ander top 10-tye was: Newald Groenewald (22:16), Rudolph Clench (22:34), Gerhard van Lill (23:28), Daniel Raubenheimer (23:35), Francois le Roux (23:48), Jean-Claude Oosthuizen (25:13) en Hans Lareman (25:15).

Bert Verlinde wat by Saterdag se Parkrun eerste oor die eindstreep was in ’n baie goeie tyd van 19 min 48 sek.  Foto: Garnett Wicomb