Die SWD-krieketspeler Zubayr Hamza slaan Vrydag ’n trekhou op die Bridgton Sportgronde in sy span se groep B-wedstryd teen Gauteng. Twaalf streekspanne van Suid-Afrika en vier spanne van Afrika-lande ding om die Afrika T20 Beker mee. Die deelnemende spanne is in vier groepe opgedeel wat hul groeprondes die afgelope naweek in onderskeidelik Pietermaritzburg, Oudtshoorn, Oos-Londen en die Paarl gespeel het. Die uitspeelrondes vind Sondag, 23 September, plaas en die eindstryd die volgende dag. Gauteng het Vrydag vir SWD geklop en ook al sy ander groep B-wedstryde gewen om deur te dring na die halfeindronde. SWD het al sy wedstryde die afgelope naweek verloor en is nou uit die toernooi. Foto: Ebenezer Titus