Broers is klubkampioene

Albertus Raubenheimer (links) en sy broer, Kobus.

Deur Higgo Jacobs
TWEE broers, Albertus en Kobus Raubenheimer, is aangewys as die Oudtshoorn Duiweklub se klubkampioene vir die 2018 seisoen.

Een van hul duiwe het Saterdag die Ope 1-wedvlug vanaf Bloemfontein oor ’n afstand van 624 km gewen.

Dié duif is om 06:30 by Bloemfontein losgelaat en was om 15:14 veilig terug in sy hok op Oudtshoorn!

Die volledige uitslae vir Saterdag se wedvlugte is as volg:

Ope 1: Raubenheimers – 1, 3, 4, 5, 6, 9 en 16; Johan de Jager – 2, 13 en 18; W en S Thysse – 7, 8, 10, 11, 12, 15 en 17; en Cobus Matthee – 14.

Ope 2: Thysses – 1, 7, 12, 13, 14 en 16; Johan de Jager – 2; Raubenheimers – 3, 4, 5, 8, 10 en 15; Johan Whyte – 6 en 11; en Cobus Matthee – 9 en 19.