Die SWD T20-span vir vanjaar se Afrika T20-kriekettoernooi is Dinsdagaand in die Simon Swigelaarsaal op die Rec bekend gestel. Die borge van die toernooi is ook by dié geleentheid bekend gestel. Voor derde van links is Marcell de Ridder van Smart Connection, Simon Swigelaar, lewenslange ere-president van SWD Krieketraad, Gielie Marais, ook van Smart Connection. Agter links is Morné Pietersen, stasiebestuurder van Eden FM, en in die middel Albertus Kennedy, hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket. Heel agter is Jean Neethling van die Wes-Kaap departement van kultuur en sport. Die openingswedstryd van die toernooi op die Rec begin môreoggend (Vrydag) 9:30 met Zimbabwe en Gauteng wat mekaar pak. SWD speel in hul eerste wedstryd Saterdagoggend vanaf 09:30 op die Rec teen Vrystaat. Foto: Wyndham Ewerts