Adias klop Rangers

Francois Gelderbloem, Adias se senter wat Rangers se verdedigers behoorlik laat bontstaan het. Foto Wyndham Ewerts

Deur Wyndham Ewerts
ADIAS Rugbyklub het Saterdag op die Oudtshoorn Sportgronde sy SWD Karooligawedstryd teen Dysseldorp Rangers met 24-20 gewen. Adias was rustyd met 14-10 voor.

Albei spanne se ondersteuners het voor die wedstryd uitgesien na ’n opwindende kragmeting omdat dié twee spanne tans die pasaangeërs in die Karoostreekliga is.

Met dié oorwinning het Adias sy tweede plek op die punteleer verste-wig. Die span het nou 53 punte met slegs twee wedstryde oor vir die seisoen.

Rangers, wat met 57 punte steeds die voorloper in die liga is, het slegs een wedstryd oor. As Adias albei hul oorblywende wedstryde met ’n bo-nuspunt wen, wen hul die liga. Daar is egter verskeie ander scenarios wat afhang van die uitslag van

Rangers se laaste wedstryd.

Vir Adias het Francois Gelder- bloem (senter), Realdo Muller (agtsteman) en Danian Wagenaar (plaas-vervangeragtsteman) elk ’n drie ge- druk. Charlton Prinsloo het met twee doelskoppe en ’n strafskop geslaag.

Lional Prinsloo, Adias-afrigter het ná die wedstryd gesê Adias weet hulle sal uithalerspel moet lewer in hul oorblywende twee wedstryde om bo-aan die punteleer te eindig.

• Adias se laaste twee wedstryde is op Uniondale teen White Roses en op Avontuur teen Glen Roses.