Daniel Moelich (82)
Deur Garnett Wicomb
DIE 82-jarige Daniel Moelich het verlede Saterdag by die 163ste Park-run by Surval Olyflandgoed naby Oudtshoorn by die plaaslike klub aangesluit.
Dit was Moelich se 100ste amptelike deelname aan die 5 km-pretloop.
Sy vrou, Leonie, het verlede week haar 98ste Parkrun voltooi en en kort nog twee vir haar 100ste deelname.
Greens Groenewald was Saterdag eerste in 20 min 37 sek met Sphiwe Mzuza tweede in 20:55.
Jarred Coetzee (14) was vyfde en die eerste junior met ’n nuwe persoonlike beste tyd van 21:49.
Christo Niemand (22:27) was vyfde, Melvin Lukas (22:33) sesde, gevolg deur Jacques Jacobs (23:51) D van der Walt (23:32), Henry Car-stens (23:51) en Hans Lareman (23:55).
Linelle Groenewald (14de) was weer die eerste vrou oor die eindstreep in ’n tyd van 24:03 en Tarren Jullies (17de) die tweede vrou in 25:43.