Wilton Hoogbaard, heelagter van Bridgton Senior Sekondêr se eerste span, hardloop met die bal in sy span se wed-stryd op Donderdag, 24 Mei, op die Bridgton Sportgronde teen die Hoërskool Môre-ster. BSS het die wedstryd voor ’n volgepakte pawiljoen en geesdriftige skare met 24-22 gewen. Die uitslae van die ander rugbywed-stryde is: o.14A’s – BSS wen 24-5; o.15A’s – Môrester wen 10-5; en o.16A’s – BSS wen 26-8. BSS se o.14’s het die netbal met 5-2 gewen; die o.15’s met 10-2 en die o.17’s met 27-2.