68 voltooi Parkrun

Saterdag se wenner, Ben Kooyman. Foto: Garnett Wicomb

TWEE besoekers was Saterdag (20 November) se voorste drawwers in die 263ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed.

Ben Kooyman van Celtic Harriers, het die 5 km in 19 min 36 sekondes kafgedraf met Christo du Plessis van die Howick Atletiekklub kort op sy hakke met sy tyd van 19 minute 49 sekondes.

Francois Verwey was derde met ’n tyd van 23 minute 15 sekondes, terwyl Jeanne Oosthuizen die eerste vrou oor die eindstreep was met haar tyd van 27 minute.

Die voorste drawwers van die 68 deelnemers was verder Jannie Fourie (23:19), Paddy Hodgson (24:37), Hans Lareman (25:19), Francois le Roux (25:40), Albertus Kennedy (26:24), Johannes Smith (26:40), Fanie Olivier (27:49), Conrad Jullies (28:08), Ania Fourie (28:20), Geepee Smith (29:30), Henry Carstens (29:39), Verina Weyers (30:17), Tinky Hodgson (30:30), Rozanne Rossouw (30:33) en Nico Myburgh (30:37). (Deur Garnett Wicomb)