GROW ONE AFRICA, ’n plaaslike maatskappy wat op Oudtshoorn gebore en getoë is, speel van Sondag, 28 November af gasheer vir ’n nasionale konferensie genaamd GOACON 2021.
Dié konferensie bring kommersiële cannabisgroeiers en social club-verteenwoordigers van regoor die land hier saam vir insiggewende werkswinkels en informasie-sessies oor hoe dié gewilde industrie ’n dorp se plaaslike ekonomie kan versterk en bevoordeel.
Ongeveer 50 mense van regoor Suid-Afrika reis hierdie naweek na Oudtshoorn vir dié geleentheid, wat by talle plaaslike lokale aangebied sal word.
Vir meer inligting, kontak Grow One Africa by 064 834 9735 of stuur ’n e-pos aan info@growone.africa.
GOACON 2021 hierdie naweek op Oudtshoorn aangebied
