Die unieke 36ONE MTB Challenge het verlede naweek 800 bergfietsryers van dwarsoor Suid-Afrika en uit die buiteland na Oudtshoorn gebring. Behalwe dat die roete 361 km lank is, gaan dit basies 360 grade om Oudtshoorn en het deelnemers 36 uur om die wedren te voltooi. Deelnemers het Vrydagaand om 18:00 weggespring en deur die nag gery met die eerste ryer wat na net meer as 14 uur klaargemaak het en die laaste ryer wat eers Sondagoggend vroeg klaar was met die veeleisende wedren… Foto: Oakpics