
Anroux Marais (naasregs), Wes-Kaapse minister van kultuur en sport, oorhandig gister by die De Jager Sportakademie ’n R1,45miljoen-tjek aan Desmond Speelman (naaslinks), voorsitter van die Eden Sportraad, vir administrasie, ontwikkeling en kapasiteitsbou van Eden se sportfederasies. By hulle is Lyndon Bouah (links), hoofdirekteur sport: DKES, en Colan Sylvester, burgemeester van Oudtshoorn. Altesame 36 federasies gaan baat vind by die befondsing. Nog ’n skenking is op pad vir prestige byeenkomste wat in Eden aangebied moet word. Verlede jaar is R750000 hiervoor geskenk. Tydens die geleentheid is ook klere aan ontwikkelingsportklubs oorhandig. Foto: Ben du Preez