Ladismith-man dryf nie handel met dwelms

’N 55-JARIGE man van die plaas Opsoek buite Ladismith, wat twee weke gelede beboet is vir die besit en kweek van daggaplante, sê hy dryf nie handel met dagga nie.

“Ek kweek dit vir medisinale gebruik,” sê die man wat gevra het om anoniem te bly. “Ek maak olie daarvan. Ek is nie betrokke by enige dwelms of die handel daarvan nie. Ek is sterk gekant teen ander dwelms.”

Die Hoorn het op 2 Februarie berig dat die man in die Ladismith Landdroshof verskyn het op aanklag van handeldryf in dwelms. Die Polisie het op 28 Januarie sy perseel deursoek en beslag gelê op 14 daggabome van sowat 1,5 m hoog.