Anver Venter, heelagter van Bridgton RVK se eerste rugbyspan, het Saterdag een van sy span se drieë gedruk in hul SWD Premierliga-wedstryd op die Bridgton Sportgronde teen Barbarians van Mosselbaai. Die wedstryd het 36 elk gelykop geëindig. Bridgton se ander drieë is gedruk deur Bradwin Wanies(15), Charlston Ewerts (vleuel) en Wayne Julies (flank). Bridgton het ook ’n strafdrie gekry. Venter het ook vier doelskoppe en ’n strafdoel geslaag. Bridgton se B-span het met 33-6 gewen en die C-span met 13-3. Bridgton speel Saterdag, 18 Maart, op Pacaltsdorp teen Evergreens.  Foto: Ebenezer Titus