Die Laerskool Wesbank se nuwe tennisbane is amptelik geopen op Vrydag, 20 Julie. Op die foto onder knip Johan Duvenage (regs), voorsitter van skool se beheerliggaam, die lint terwyl Leon Delport, ondervoorsitter van die beheerliggaam, hand bysit en Waldo Cloete, skoolhoof, toekyk. Ná die opening het Wesbank se eerste spanne die bane op gepaste wyse geopen met ’n oorwinning oor die Laerskool Gene Louw. Op die foto bo is Cloete (middel) by die eerste spanne. Van links saam met hom is Anandie de Waal, Ella Rossouw, Francis Beukes, Nika Potgieter, Xander Pienaar, Jaco Lamprecht, Roux Delport en Louis Uys. (Foto verskaf.)
