Vyf stelle tweelinge van Sacred Heart Primêr

Sacred Heart Primêr op Oudtshoorn gaan vanjaar soms sukkel om die regte kind te tugtig wanneer hulle moeilikheid maak! Die skool spog met nie minder nie as vyf stelle tweelinge in hul graad 1-groepie. Hier by Godfrey McCallum, prinsipaal, is van links Clare en Clarisha Botha, Jayden en Ayden Sederstroom, Cherrach en Che­rrano Rabie, Halley en Luke Bruintjies, en Kaiden en Kieran Bruintjies. Foto: Ebenezer Titus