Fezekile Sekondêr in Oudtshoorn spog vanjaar met ’n slaagpersentasie van 88,6%! Hier is van die uitgelate leerders toe die matriekuitslae bekendgemaak is. Die slaagpersentasies van ander skole in die streek is Aurial Kollege: 68,8%, Bridgton Senior Sekondêr: 81,6%, De Rust Sekondêr: 98,1%, Dysselsdorp Sekondêr: 88,4%, Langenhoven Gimnasium: 99,1%, Hoërskool Môrester: 79,5%, Hoërskool Oudtshoorn: 99,1%, Hoërskool Calitzdorp: 73,2%, Hoërskool Ladismith: 93%, Ladismith Sekondêr: 89,2% en Hoërskool Zwartberg: 57.4%.
By Bridgton Senior Sekondêr was daar verlede Woensdag groot vreugde toe die matriekuitslae bekendgemaak is. Foto: Garnett Wicomb