Veertien leerders van Langenhoven Gimnasium gekies vir SWD-atletiekspan

Veertien leerders van Langenhoven Gimnasium is gekies vir die SWD-atletiekspan wat aan die Wes-Kaapse kampioenskap gaan deelneem. Hulle is voor van links Marlie Ellis (gewigstoot, diskus m o.14), Ben-Pierre du Plessis (400 m s o.14) en Jeannie du Plessis (90 m en 300 m hekkies en verspring m o.14), middel van links Johannes Olivier (hoogspring s o.17), Ricky Martin (hoogspring s o.17), Antonio Bruiners (100 m en 300 m hekkies, s o.15), William Ferguson (100 m s o.15) en Hannelize Olivier (1500 m o.17)­­, en agter van links Jan-Jurie Human (spiesgooi s o.19), Elmé Botha (hamergooi, gewigstoot en diskus m o.19), Jonell Botha (hamergooi m o.17), Lochner Jantjies (400 m s o.17), Mynhardt Cronje (diskus s o.17) en Tyron-Lee Andries (800 m s o.17).