Vaardigheidskool-onderwysers blink uit by onderwystoekennings

Alsje Schoeman (onderhoof), Riaan Swart, Cindy Dreyer, Clivene Draai en Jaco Stevens (skoolhoof). Foto verskaf

Drie onderwysers van Oudtshoorn Vaardigheidskool het eerste en tweede plekke behaal tydens die Eden- en Sentrale Karoo-distrik se National Teachers’ Awards (NTA).

Cindy Dreyer is as wenner in die kategorie Excellence in Inclusive Education Teaching aangewys, terwyl haar kollega Clivene Draai die tweede plek in dieselfde kategorie behaal het.

Riaan Swart het op sy beurt die tweede plek in die kategorie Excellence in Technology-Enhanced Teaching and Learning verower.

Die deelnemers se onderhoude en aanbiedings het gedurende die laaste week van Mei op verskillende datums plaasgevind. Die uitslae is op 26 Junie tydens ’n geleentheid by die Oubaai Hotel bekend gemaak.

Die skool se adjunkhoof, Alsje Schoeman, en prinsipaal, Jaco Stevens, het die onderwysers met hul prestasies gelukgewens.

Die toekennings gee erkenning aan onderwysers wat deur vernuwende onderrigmetodes, tegnologie en inklusiewe onderwys ’n besondere verskil in leerders se ont-wikkeling maak. (ANGELIQUE ERASMUS)

Be the first to comment on "Vaardigheidskool-onderwysers blink uit by onderwystoekennings"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*