Twee fietsryers van die Laerskool Wesbank, Kean Dalton (links) en Edward Dalton, het hul skool se naam hoog gehou by die Eden Fietsrykampioenskap die naweek van 13 en 14 Januarie. Edward het Eden-halferekleure as eerstejaarryer in die o.11-ouderdomsgroep ontvang. Hy het ook tydens die kampioenskap ’n silwer medalje in die seuns o.13-tydtoets verwerf en ’n brons medalje in die seuns o.13-padren. Hy is in Desember verlede jaar as die seuns o.11-klubkampioen aangewys en het die klubtrofee vir die beste vordering onder die junior seuns ontvang. Kean het ook halferekleure in Desember verlede jaar as eerstejaarryer in die o.9- en o.11-ouderdomsgroep ontvang. Hy het tydens die kampioenskap ’n goue medalje in die seuns o.11-tydtoets en die o.11-padren verwerf. Hy is vanjaar Eden se seuns o.11-pad-en-tydtoets-kampioen. Foto verskaf