Hierdie leerders van Laerskool Wesbank is opgeneem in die SWD-Tweekampspan wat op Saterdag 3 Februarie aan die Highgate Inter-Tweekamp op Oudtshoorn sal deelneem. Agter van links staan Annamé du Plessis, Hanré Jubelius, Jeanie du Plessis en Jancke Potgieter. Voor van links staan Marè Terblanché, Ludwig Meyer, Ninke Griffioen, Elmé Spies en Kari Griffioen. Foto verskaf