Struisies vir SWD-spanne gekies

Die Hoërskool Oudtshoorn spog met vier o.18-spelers wat SWD-rugbyspanne gehaal het, terwyl twee van die skool se personeellede as afrigters van die spanne aangewys is. Dit is die enigste skool op die dorp met spelers in dié o.18-spanne. Op die foto bo is van links Ansley Theunissen, hoofafrigter SWD o18-Akademiespan; Ke-Owen Meyer, Akademiespan; Mihlali Tshatshu, Cravenweekspan; Anathi Makasika, Akademiespan; Josh Schippers, Akademie-span; en Walt Böhme, hulpafrigter SWD o18-Cravenweekspan. (Foto verskaf.)